Ek neem 'n kort kursus in Kreatiewe Skryfkunde. Ons is nege studente in die klas en nou die dag het ons 'n oulike aktiwiteit gedoen. Almal moes op 'n stuk papier 'n klompie sinne neerskryf, enige iets wat jy aan kan dink. Daarna moes almal hul verskillende sinne uitskeur en toe is dit verdeel onder mekaar. Dan sit jy met paar verskillende mense se verskillende sinne. Die opdrag is toe om 'n gedig daaruit te maak. Jy mag een sin herhaal, een nuwe sin byvoeg en jy moes 'n titel uitdink. Hier is die resultaat:
Dadels
Soos ’n hanswors op die
grond staan hy op sy knieƫ voor haar
Jy is die dadels in my
slaai
Ek slurp die inspirasie
soos moedersmelk
’n Waterval vloei uit
my pen
Die druppels sprankel
soos ’n see diamante in die blik van die son
Veters vlieg om die
hekke van my vere
Soos ’n hanswors op die
grond staan hy op sy knieƫ voor haar
No comments:
Post a Comment